Finansiesnetwerk
Wat is die Finansiesnetwerk?
Solidariteit se Finansiesnetwerk is ʼn gemeenskap wat daarop toegespits is om professionele persone wat dienste in die finansiële bedryf aanbied met mekaar in kontak te bring, om jong mense ʼn kans op ʼn loopbaan in dié beroep te bied en om die waghond te wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings takel. Dié beroepsnetwerk bied aan lede ʼn netwerk waardeur lede met mekaar kan skakel, die beste praktyke kan deel en sake kan doen.
Beroepe
Rekenmeester
Finansiële adviseur
Fondsbestuurder
Entrepreneur
Debiteur
Krediteur
Beroepspesifieke voordele
Mentorskap
Netwerk-geleenthede
Rol as waghond
Werkfasilitering
Behalwe vir beroepspesifieke voordele het jy ook toegang tot Solidariteit se ALGEMENE VOORDELE.
Opleiding by Akademia
Studeer BCom Finansiële en Bestuursrekeningkunde by Akademia. Die graad word op ʼn voltydse kontakmodel in Centurion aangebied.
Vir meer inligting besoek Akademia se webwerf.
“Deur by dié beroepsnetwerk aan te sluit, kan minder ervare finansiële diensverskaffers baat vind by jare se gekombineerde kundigheid en ervaring, deur gereelde skakeling met kundiges in die bedryf.”
André BlignautAdviesraadslid van Solidariteit se Finansiesnetwerk
Hier is jou adviesraad
Die adviesraad van Solidariteit se Finansiesnetwerk bestaan uit briljante kenners in hierdie beroep en hulle bied kennis en vaardighede om dié beroepsnetwerk na nuwe hoogtes te neem.
Ajay Wasserman
Annelize Hartman
Anneri de Jager
André Blignaut
Nicolene Steenkamp
Berrie Stoop
Bly op hoogte van nuus in jou veld
No data