My Hoërskoolpad
My Hoërskoolpad, ʼn e-leerkursus vir hoërskoolleerders, sal jou kind akademies en sosiaal bemagtig om die regte keuses vir hulle loopbaan te maak. Dit maak nie saak of hulle aan die begin, in die middel of aan die einde van hulle hoërskoolloopbaan is nie; Solidariteit Jeug ondersteun jou kind in enige fase van hulle hoërskoolloopbaan.
Raak betrokke




Bemeester studiemetodes
In hierdie unieke aanlyn omgewing leer ons jou kind verskeie studiemetodes danksy ons kursus. Dit sluit metodes in soos breinkaarte, kleurkodering en talle ander metodes.

Maak die regte keuses
Solidariteit streef daarna om leerders al vroeg in hulle loopbaan met belangrike besluite en keuses te help. Sodoende kan jong mense hulle toekoms met sekerheid aanpak.

Voorbereiding vir die toekoms
My Hoërskoolpad rus jou kind toe met verskeie vaardighede, verantwoordelikhede en geleenthede wat hulle nodig het om suksesvol te wees.
Só lyk jong mense se hoërskoolpad as hulle dit saam met Solidariteit Jeug stap:


Graad 8
Solidariteit Jeug het opwindende en opvoedkundige e-leerkursusse en video’s wat jou kind gaan help om die groot sprong van laerskool na hoërskool te hanteer; hom/haar te leer wat gesonde studie-omgewings is; hoe om doeltreffend te beplan en watter leermetodes die beste is om studiesessies meer doeltreffend en suksesvol te maak.
Die Hoërskoolpad is slegs beskikbaar op Solidariteit
Skep 'n profiel