#JouStem
Hoe werk #JongStemme ?
Hoe beïnvloed ʼn mens die wêreld om ʼn verskil te maak? Jy kry mense om anders te dink oor ʼn spesifieke kwessie. Hoe kry jy hulle om anders daaroor te dink? Jy begin om jou eie opinies en denke met ander te deel. As ʼn kwessie na aan jou hart lê, begin om ʼn verskil te maak deur vir ons ʼn meningstuk daaroor te skryf.
Dis wat die jong stemme sê
“Moenie bang wees om jou sê te sê nie, deel jou idees. Wie weet, dit kan moontlik groot dinge beteken vir jou loopbaan.”
Nadine Grant
“Ons is ʼn generasie met mag in ons hande en met die druk van ʼn knoppie maak jy ʼn impak op iemand se lewe. Op dié manier kan ons mense maklik opsweep, debatte voer en ons menings lug.”
Marisha Hermann
“Wees vry, veilig en voorspoedig. Hierdie drie woorde is die gedagte wat ek wil hê elke jong mens in hulle harte moet koester wanneer hulle aan hul toekomstige werkplek en loopbaan dink, hier in Suid-Afrika, in jou moedertaal.”
Delmei Delport