logomobile logo
OnderwysernetwerkOnderwysernetwerk

Onderwysernetwerk

Onderwysernetwerk

Wat is die Onderwysernetwerk?

Solidariteit se Onderwysernetwerk het ten doel om ʼn beroepsgemeenskap vir onderwysers in Afrikaanse skole te skep waardeur die beroep beskerm en bevorder kan word. Solidariteit se Onderwysernetwerk is ʼn tuiste vir onderwysers waar onderwysers se regte binne die onderwyssektor beskerm word. Solidariteit se Onderwysernetwerk takel onderwysaangeleenthede wat Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregtelike advies en bystand.

Beroepe

Close Icon
Beheerliggaamonderwyser
Close Icon
Departementele onderwyser
Close Icon
Kleuterskoolonderwyser
Close Icon
Skoolhoof
Close Icon
Adjunkhoof
Close Icon
Au Pair
Close Icon
Tutor / Studieleier
Close Icon
Privaat onderwyser

“Sonder my sterk ondersteuningsbasis en die span van Solidariteit wat my deurentyd bygestaan het, sou ek nie maklik staande gebly het nie.”

Elana Barhuizen

Beroepspesifieke voordele

Toegang tot die Wolkskool se inhoud vir onderwysers

Toegang as onderwyser tot ál die Wolkskool se video’s, werkkaarte, assesserings en elektroniese handboeke. Voorts gaan onderwysers toegang kry tot die SOS se splinternuwe Vraagbank waar hulle toetse en vraestelle kan genereer met reeds gemodereerde vrae. Die vraagbank is van wêreldklas-gehalte binne die KABV-kurrikulum gebou en is uiteengesit om self die vraestelle en assesserings te merk.

Toegang tot die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Raadsale (vakverenigings)

As lid van Solidariteit se Onderwysernetwerk kwalifiseer jy vir gratis lidmaatskap by al 15 van die SOS se vakverenigings.

20%-afslag by die Skoleondersteuningssentrum (SOS) se Nasionale Kongres
Gratis opleiding by Solidariteit Leer en afslag vir kredietdraende kwalifikasies (afhangend van die aantal jare lidmaatskap)
Solidariteit se arbeidsregsadviseurs bied eerstehandse regsadvies aan lede. Die arbeidsregsadviseurs is dikwels in staat om onmiddellike arbeidsregtelike kwessies in die werkplek op te los deur deurslaggewende advies aan lede te verskaf.
Woon netwerkgeleenthede by waar ons jou die geleentheid bied om met ander kundiges in jou beroep skouers te skuur.
Help bou aan die toekoms deur saam aan Sol-Tech, Akademia, Bo-Karoo en nuwe skole te bou.


Behalwe vir beroepspesifieke voordele het jy ook toegang tot Solidariteit se ALGEMENE VOORDELE.

Bly op hoogte van nuus in jou veld

No data