logomobile logo

Volledige aanbod van Solidariteit-lidmaatskap

Solidariteit-lede kan deur die maandelikse betaling van ledegeld ʼn reeks voordele geniet. Alle voordele is onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes.
voordele-hero-imagevoordele-hero-image
Werkbeskerming

Solidariteit bied arbeidsregsadvies en verteenwoordiging asook arbeidsverhoudingedienste en kollektiewe bedinging waar daar erkenningsooreenkomste is.
Beroepsgesondheid en -veiligheid

Solidariteit bied bystand met eise vir beroepsbeserings.
Opleidingsvoordeel

Solidariteit bied aan lede ʼn gesubsidieerde opleidingsvoordeel by die volgende instellings: Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding, Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool.B’s en V’s geldArrow

Ontgin die voordeel vandag
Staatsinstellings
Voortgesette leer

Bereik jou volle potensiaal deur voortgesette leer. Ontvang gratis opleiding deur Solidariteit.
Werkfasilitering

Op Solidariteit kan jy gratis en vinnig aansoek doen vir vakante poste. Jy kan ook as organisasie ʼn profiel skep en jou beskikbare poste op ʼn wêreldklasstelsel adverteer.
Beroepsnetwerke

Neem deel aan ʼn netwerk vir jou spesifieke beroep – gesels saam, woon geleenthede by en ontvang groot afslag op opleidingskursusse.
Beroepsgesondheid en -veiligheid
Vakkeuses

Kies jou skoolvakke met die hulp van Solidariteit se Skoliere-aanbod om die regte keuses vir jou loopbaan te maak.
Begrafnisbystand

Solidariteit-lede wat daarvoor kwalifiseer*, ontvang omvattende begrafnisbystand wat sy/haar gade of benoemde lewensmaat en afhanklike kinders van jonger as 21 jaar insluit. Persone wat met aansluiting 50 jaar of ouer is en wat nie by ʼn kollektiewe maatskappy werksaam is nie, kwalifiseer nie vir hierdie bystand nie.
Bevallingsbystand

Bevallingsbystand word per kind aan vroulike lede met 12 maande se ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal.
Staatsinstellings
Vakansievoordeel

Alle volopbetaalde Solidariteit-lede kry 20%-afslag by ons uitgesoekte ontspanningsoord, Kokoriba.
Opstel van testamente

Testamente word gratis vir lede opgestel en bewaar.
Staatsinstellings