logomobile logo

Solidariteit se vennote

Met Solidariteit aan jou kant het jy die beste moontlike diensvoorwaardes en voordele. Beskerm jouself ook in die werkplek met gratis arbeidshulp en regsadvies.
vennote-hero-imagevennote-hero-image

Opleidingsinstellings as vennote

Sol-Tech
Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.
vennote-sol-tech
Akademia
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.
vennote-akademia
Bo-Karoo Opleiding
Bo-Karoo Opleiding (BKO) is op Orania gevestig en kon binne ʼn kort tyd daarin slaag om van ʼn klein, informele instelling tot ʼn volwaardige opleidingsinstelling te groei. BKO beskik oor die regte kultuur, infrastruktuur en kundigheid om in die nabye toekoms verder te groei tot een van die voorkeur-opleidingsinstellings vir Afrikaner-studente van oral in Suid-Afrika.
vennote bo-karoo
Solidariteit Helpende Hand se Opleidingsinstituut
Solidariteit Helpende Hand verstaan die behoefte aan opleiding en beywer hom dus daarvoor om opleiding in die versorging van bejaardes, kinders, pasiënte met ʼn behoefte vir palliatiewe sorg, doulas en nog vele meer aan roepingsgedrewe mense te bied.
vennote-helpende-hand
Skoleondersteuningsentrum
Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om Afrikaanse onderwys van wêreldgehalte volhoubaar te help verseker, in openbare asook onafhanklike skole. Die SOS werk vir die selfstandigheid van Afrikaanse skole en volhoubare moedertaalonderrig.
vennote-skoleondersteuningsentrum

Mediavennote

Maroela Media
Maroela Media is ʼn onpartydige, selfstandige, Afrikaanse mediahuis wat daarna streef om die Afrikaanse gemeenskap met betroubare en gebalanseerde nuus en ander inhoud van uitstekende gehalte te bedien.
vennote-maroela-media
Pretoria FM
Pretoria FM is een van die grootste gemeenskapsgebaseerde radiostasies in Pretoria en bied uiteenlopende programme aan met ʼn sterk klem op nuus, vermaak, aktualiteit en musiek. Pretoria FM saai 24 uur per dag op 104.2 FM uit, en jy kan in ses van die nege provinsies die radiostasie opvang.
vennote-pretoria-FM

Sakevennote

Sakeliga
Sakeliga is in 2011 deur vooraanstaande sakelui en gemeenskapsleiers as ʼn selfstandige sakegroep sonder winsoogmerk opgerig en dit word deur die bydraes van ondersteuners en lede befonds.
vennote-sakeliga
AfriForum Sakenetwerk
Die AfriForum Sakenetwerk bestaan uit twee dele: AfriForum Sakenetwerk as ’n databasis van ondernemings wat deur AfriForum-lede besit of bestuur word, en ondernemings wat nie lid is nie, maar wat wel diens in Afrikaans kan lewer.
vennote-afriforum

Welstandvennote

Helpende Hand
Solidariteit Helpende Hand wil deur maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling die selfontwikkeling van die mens in sy gemeenskap, en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel, bevorder.
vennote-helpende-hand
Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)
SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel vorm van die Solidariteit Beweging. Dié instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse indiwidue en ondernemings te bevorder. Studielenings vir opleiding aan Akademia en Sol-Tech word ook aan kwalifiserende aansoekers gebied.
venotte-SFD