logomobile logo

Werkbeskerming

Jou werk is jou toekoms. Solidariteit beskerm jou teen diskriminasie en uitbuiting in die werkplek.
Raak betrokke
werkbeskerming-hero-imagewerkbeskerming-hero-image

Hoe beskerm Solidariteit jou werk?

Regsverteen-woordiging

Solidariteit se bestaansdoel is en bly werk. Solidariteit verskaf gratis regsverteenwoordiging ten opsigte van beroepsverwante sake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of die arbeidshof verwys word.

Regsadvies

Solidariteit-lede ontvang gratis regsadvies. Solidariteit bied telefoniese sivielregtelike en arbeidsverwante regshulp.

Beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV)

Solidariteit wil vir jou ʼn veilige werkomgewing skep en staan jou by met enige BGV-eise.

SOLIDARITEIT

WERKBESKERMING

KYK HIER

Oorwinnings vir Solidariteit-lede

No data

Wat sê ons lede?

“Ek is al seker die afgelope 10 jaar lid van Solidariteit en het nou vir die eerste keer hulle dienste benodig in ʼn ernstige saak. Dankie Solidariteit vir die ongelooflike werk wat julle doen om lede te help in ʼn soms baie onregverdige wệreld waarin ons lewe en teen mense wat stelsels misbruik soos dit hulle pas.”
Olivia van Heerden
“Ek wil graag Solidariteit bedank vir julle hulp en ondersteuning deur die proses. Sonder Solidariteit sou ek nie die moed, krag en kennis gehad het om die saak suksesvol deur te sien nie.”
Arjan Hertong
“Ek wil net baie dankie sê dat Solidariteit my op hoogte gehou het van die verwikkeling op my saak vanaf 2018 tot die saak in die hof voorgekom het in Februarie 2022. Ek kan nou weer asemhaal aangesien my saak suksesvol afgehandel is. Ek waardeer julle goeie diens en bystand opreg.”
L.J.Pieters

Gereelde navrae