Kyk vreesloos na die toekoms want #JyHoortHier
#JyHoortHier
#JyHoortHier want Suid-Afrika is jou geboorteland en Afrikaans is jou geboortetaal. Dis koeksisters en melktert, biltong en blatjang. Dis jóú herkoms en dis ook jóú toekoms. Veg, beskerm en bou saam met Solidariteit, want #JyHoortHier.
Registreer hier gratis#JyHoortHier
Ons kultuur, taal en opvoedingsgeleenthede word onderdruk. Rassekwotas dryf ons uit die werkplek, sportgronde en uiteindelik uit Suid-Afrika. Dan wonder ʼn mens, waar hoort jy? #JyHoortHier, want Suid-Afrika is jou geboorteland en Afrikaans is jou geboortetaal. Ons gaan nêrens. Daarom veg, beskerm en bou ons saam aan ʼn toekoms vir onsself en ons nageslag.
#OnsSalSelf
Die staat wil meer mag aan homself toeëien en daarom spits Solidariteit hom daarop toe om vir diegene in beheer te wys hoe #OnsSalSelf lyk. Neem saam met Solidariteit die toekoms in jou eie hande met ʼn benadering van minder staat en meer privaat.
#ElkeenHelpEen
Solidariteit se strategie is daarop gemik om ʼn toekoms vir ons kinders te bou waar hulle hier aan die suidpunt van Afrika vry, veilig en voorspoedig kan leef. Dit doen ons deur ʼn netwerk te vestig waar ons mekaar kan ondersteun!
#OnsBou
Afrikaners se geskiedenis word geken aan kontras: wanhoop en hoop; verwoesting en opbou; swaarkry en seëvier. Bou saam aan instellings. Bou saam aan ʼn toekoms!
Beroepsnetwerke
Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe waar jy tuis kan voel in jou beroep, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil kan maak vir die volgende generasie.
Lees meerDie krag van ons gemeenskap
platformgebruikers
beroepsnetwerke
lede
No data
Dankie Solidariteit
Amanda Delport